Plettenbergbaai bied 'n verskeidenheid van aktiwiteite aan vir elke smaak - ekskursies op die see, golfbane, perdry, staproetes ens. Ons uitstekende klimaat dra ook by tot die ontspanne atmosfeer in ons dorp en verseker 'n kwaliteit vakansie.
 
Daar is veskeie roetes wat gevolg kan word hetsy te perd, te voet of te fiets. Die legendaries Tsitsikamma woude en Stormsriviermond is 'n klipgooi uit die dorp uit, so ook Knysna met sy woude, meer, stoom trein en die alombekende oesters.

Kom ontdek ook al die ander aktiwiteite en die juwele in die tuinroete. 

Behalwe om op ons veilge strande te kom baai is daar ook verskeie ander watersport aktiwiteite soos skuba duik, allerhande soort watersport op die strandmeer, branderplank ry, ens.

Druk hier vir meer inligting oor Plettenbergbaai!

 
Kopiereg © 2006 Formosa - Plettenbergbaai. Alle reg voorbehou